18 Mei om 11:00 - MUSIEKWAARDERING-SPELETJIE VIR LAERSKOOLKINDERS

Classics for All in samewerking met die ATKV bied aan BLIK EN STOK, 'n Interaktiewe Ritmespeletjie vir Laerskoolkinders van Greyton, Genadendal en Bereaville.

Blik en Stok is ‘n interaktiewe musiekwaardering-speletjie waar bekende televisie-persoonlikheid van Noot vir Noot-faam en tromspeler Riaan van Rensburg kinders speel-speel leer om musiek te maak met LETTERLIK enige iets!…vanaf ‘n blik tot n stok. En dis boonop hope PRET!

Riaan besoek Greyton, Genadendal en Bereaville op Donderdag 18 Mei.